Die
populêre siening is dat die Roomse Kerk dit saamgestel het, en dis dan ook die
verskoning wat die mense, wat graag sekere dele uit die bybel wil laat, (veral
Paulus se skrywes) gebruik om hulle standpunt te ondersteun. Dis egter nie die
waarheid nie. Die hele Kanon (Kanon beteken God geinspireerde boeke), of dan al
die boeke, was deel van die kanon, en geldig die oomblik wat hulle onder God se
inspirasie geskrywe was. Dit was bloot 'n kwessie dat God mense moes inspireer
en oortuig om dit so te aanvaar. So, primer is dit God self wat die Kanon
saamgestel het.
As
ons kyk na die geskiedenis, dan sien ons dat die OT Kanon reeds grootliks in
gebruik en aanvaar was teen die tyd dat Jesus gebore was. Hier en daar is daar
wel verskille onder teoloeë oor die Apokriewe, maar Hebreeuse gelowiges het nog
altyd die OT skrywers as God se boodskappers erken, en dus hulle geskrifte as
God se geinspireerde woord aanvaar. Daar was wel debat oor die OT Kanon, maar
teen omtrent 250 vC is die huidige OT Kanon redelik universeel aanvaar.
Daar
is nog van tyd tot tyd debat aangaande die Apokriewe, maar die meeste teoloë is
dit een, saam met die Hebreeuse gelowiges, dat dit baie nuttig en leersaam as
geskiedkundig gesaghebbende geskrifte is, maar nie op dieselfde gesagsvlak as
die Kanon nie.
Die
proses vir die erkenning van die NT Kanon het al in die eerste eeu nC begin.
Paulus het bv Lukas se skrywes as net so gesaghebbend as die OT geskrifte geag
(1 Tim 5:18; kyk ook na Deut 25:4 and Luk 10:7). Petrus het ook Pualus se
skrywes as ware skrif erken (2 Pet 3:15-16).
Clement
van Rome het in 95 nC na ten minste agt Nuwe Testamentiese boeke verwys.
Ignatius van Antiochië het sewe NT boeke erken in 115 nC Polycarp, 'n dissipel van die Apostel Johannes, het 15 books erken in 108 nC.
Later, het Irenaeus na 21 books verwys (ongeveer 185 nC). Hippolytus erken 22 boeke in 170-235 nC.T
Ignatius van Antiochië het sewe NT boeke erken in 115 nC Polycarp, 'n dissipel van die Apostel Johannes, het 15 books erken in 108 nC.
Later, het Irenaeus na 21 books verwys (ongeveer 185 nC). Hippolytus erken 22 boeke in 170-235 nC.T
Die boeke wat die meeste verskille en argumente te weeg gebring het was
Hebreërs (omdat die skrywer nie vasgestel kan word nie), Jakobus (omdat
sommiges glo hy verkondig redding deur werke), 2 Johannes en 3 Johannes vir dieselfde rede.
Die eerste
Kanon was die Muratoriese Kanon, wat in 170 nC saamgetsel is. Die Kanon het al
die huidige NT boeke ingesluit behalwe Hebreërs, Jakobus en 3 Johannes. In 363
nC het die Konsillie van Laodicea bepaal dat slegs die OT (saam met die
Apokriewe),m en die 27 boeke van die NT in die kerk gelees mag word. In 393 nC
het die Konsillie van Hippo en in 397 nC die Konsillie van Carthage beide die
27 boeke van die NT aanvaar en herbevestig as gesaghebbend (van God
geinspireer)
Die kriteria
vir die samestelling deur die Konsillies was min of meer die volgende:
1. Was die skrywer ‘n Apostel of ‘n intieme medewerker of kontak van ‘n Apostel?
1. Was die skrywer ‘n Apostel of ‘n intieme medewerker of kontak van ‘n Apostel?
2. Is die
boek reeds deur die oorgrootte meerderheid van die gelowiges in die liggaam van
Christus aanvaar?
3. Is die
boek konsekwent in doctrine en ortodokse leering?
4. Getuig
die boek van hoë morele en geestelike waardes wat die werk van die Heilige Gees
weerspieël?
Onthou net weereens, dis baie belangrik om te onthou dat die kerk of mense nie die kanon bepaal het nie! Geen vroeë kerk vergadering of Konsillie het die Kanon bepaal nie. Dit was God, en God alleen wat bepaal het watter boeke in die Bybel behoort. Dit was dus bloot ‘n geval van God wat aan sy dienaars openbaar het watter boeke Hy reeds bepaal het as heilige skrif. Die menslike proses om die boeke bymekaar te sit was sekerlik onvolmaak, maar God, in Sy soewereiniteit, en ten spyte van ons onkunde en hardkoppigheid, het die vroeë kerk wel suksesvol tot die herkenning gebring van die boeke wat Hy geinspireer het.