Hierdie is 'n skrywe deur my vriend, Chris Saayman, in antwoord op 'n artikel aan hom gestuur deur 'n persoon, waarin Calvyn veroordeel word en die uitverkiesingsleer verwerp word.
"Liewe oom Rupert, dankie vir die aanstuur van die stuk. Dis 'n groot jammerte dat die genade-leer altyd aan Calvyn gekoppel word. Want eintlik is dit maar net die basiese leer van die Skrif. Selfs al sou alles waar wees wat in die stuk geskryf is en selfs al was Calvyn 'n antichris, bly die leer van die genade nog presies dieselfde, want die BYBEL is steeds dieselfde. Die kuns is om vanaf 2017 terug te gryp op die Skrif en nie langs die pad vas te haak by allerlei “pit-stops” in die geskiedenis nie. Al wat ons belydenisskrifte doen – al dra dit die stempel van die kerkgeskiedenis - is om ons aan die Skrif vas te knoop. Die leer van die Skrif is glashelder duidelik dat die mens tot bekering moet kom, moet omdraai en Christus as Verlosser aanneem. Die Skrif is ewe duidelik dat die natuurlike mens dit nie kan doen nie! Die natuurlike mens het nie hulp nodig nie, maar 'n lewendmaking. Net vanoggend het ek dit weer in Rom 6:13 gelees! As mens se oë eers daarvoor oop is, sien jy dit orals. Ook in die OT bv in Eseg 37. Wanneer 'n mens tot bekering kom, VOEL dit vir jou asof alles van jou beslissing afhang. Maar lees jy later die Bybel, sien jy dat Sy lewendmaking jou beslissing voorafgegaan het! Bekering is die VRUG van wedergeboorte en nie andersom nie! Indien God alle mense met hierdie vrye guns bedien, maar nie almal reageer nie, beteken dit dan dat die mens se halsstarrigheid vir God ore aansit? Is alle mense dan nie ewe halsstarrig nie? Of besit sommige mense sekere edele kwaliteite wat ander nie het nie – sodat hulle wat hierdie kwaliteite het, die keuse kan maak? Klink nie Skriftuurlik nie. Is die Bybelse leer dat Jesus alle mense effektief op die kruis met God versoen het, maar dat sommige wat versoen is, in die verderf eindig omdat hulle so halsstarrig was? Kan versoende mense in die verderf eindig? Of was Jesus se dood slegs 'n potensiele moontlikheid vir versoening? En moet Koning Mens se besluit dit effektief maak? Klink ook nie skriftuurlik nie. Kolos 2:13-14 stel dit eksplisiet dat die mens DOOD was maar LEWENDGEMAAK is op die kruis 2000jr gelede want die kruis het die skuld totaal weggeneem. Lees dit asb. Dit is skokkend duidelik. Of Calvyn dus 'n bose monster was of nie, hierdie Bybelse gegewe staan ongeskonde. En ons moet DAAROP let, nie op Calvyn nie. Aan die einde van die dag sit ons almal met hierdie deurslaggewende vraag: Die realiteit rondom ons wys vir ons dat sommige mense tot bekering kom en ander nie. Vraag: Waarom kom sommige en ander nie? Lê die uitsluitsel by die mens of by God? Ek dink die Skrif is 100% duidelik dat dit nie die mens is wat die staf in sy hand het nie. Wat genadige verkiesing betref, wel dit staan natuurlik die hele Bybel vol. Paulus weet daar is diegene wat verkies is wat nog tot redding moet kom (hulle is nog nie gered nie, maar sal nog kom) 2 Tim 2:10. Die begrip opsigself beteken dat sommige verbygegaan is. Verkies beteken dat nie almal verkies is nie, anders is dit geen verkiesing nie! As mens se oë hiervoor oopgegaan het sien jy ook dit oral in die Skrif. Dis die bron van ons saligheid Efes1:4. Verkiesing en verwerping beteken egter nie dat God skuld dra aan die mens se val nie. Hoewel God dit in Sy ewige Raad so bepaal het, het die MENS homself vir die hel “gepredestineer”. God het in Sy ewige Raad bepaal dat Judas Christus sou verraai, nogtans is Judas self skuldig, nie God nie! Die mens dra self die volle skuld. God het geen verpligting om enige mens op hierdie hellevaart te stuit nie. Hy skuld die mens niks. Hy het volle reg om te mens toe te laat om te BEGAAN op sy eie selfgekose verderfpad. Sou Hy ALLE mense laat begaan het, sou Hy nie van enige onreg beskuldig kon word nie. Eintlik is dit onreg om selfs net EEN van hierdie rampokkers te stuit in hulle vaart en hulle te laat omkeer! Persoonlik dink ek dat die groot rede waarom ons nie die verkiesing (en daarom die hele evangelie) nie verstaan nie, is omdat ons nie insig het in die ware aard van die sonde en die Val nie. Alle vorme van Arminianisme byvoorbeeld, versag die sondebegrip en verlig die dood sodat die dood net 'n diep slaap word! Maar, RADIKALE sondebegrip verg RADIKALE genade om die mens gered te kry. Juis omdat die Skrif die sonde en geestelike dood teken op die manier wat hy doen, vandaar die verkiesingsleer. Naamlik dat God besluit het om 'n hele hemel vol mense te stuit. Diep in ons binneste dink ons dat God ons op 'n manier die redding verskuldig is omdat ons slagoffers van die sonde is. Byna soos drenkelinge - die verbygaande skip se kaptein is dit aan 'n drenkeling verskuldig om hom te red. Indien nie is hy 'n hartelose monster. Die Skrif praat nie op hierdie manier oor die sonde nie. Die val was eerder 'n staatsgreep teen 'n oneindige Wese. Die mens is nie 'n slagoffer van sonde nie. Die mens is willens en wetens 'n opstandige rebel wat self god wil wees en die ware God van die troon wil afruk. Watter regeerder sal mense wat 'n staatsgreep wil uitoefen spaar? Ondenkbaar. Almal sal boet. 'n Koning wat weier om sulke mense te red is nie 'n monster nie, dis die regte ding om te doen - straf. God skuld die redding aan niemand. Almal verdien oneindige strawwe omdat teen 'n oneindige Wese gerebelleer word. Die grootste GENADE wat God aan my kon bewys is om my vir ewig HEL toe te stuur. Dit sou GENADE wees in die lig van wat my sonde werklik is. DAT God dus besluit het om 'n hele hemel vol sulke misdadigers te verlos en te red is die GROOTSTE genade denkbaar!!!!! Eintlik - Indien Hy werklik REGVERDIG moes wees, moes Hy alle alle alle alle mense laat begaan het op hulle hellevaart! Genade is eintlik ONregverdig. God het niemand vir die hel gepredestineer nie. Maar die MENS het HOMSELF vir die hel gepredestineer met die Val. En pleks van om te mens te laat begaan in sy hellevaart (soos Hy MOES doen) het Hy nogtans besluit om vanuit hierdie korrupte nes, aan Sy Seun 'n bruid te gee, die skape vir wie die Seun sou kom sterf (Joh 10:11). Jesus kom aarde toe om die bruid onfeilbaar salig te maak. Wat 'n evangelie!!! Ons het nie 'n middeweg nodig nie. Net die getuienis van die Skrif. Daarin kan ons ons 'n ewigheid lank verbly!!! Die mens wat hel toe gaan, gaan dus hel toe op grond van eie skuld en die mens wat hemel toe gaan gaan soontoe op grond van God se “skuld”. Die verlore mens het sy verlorenheid 100% aan HOMSELF te wyte. Die geredde mens het sy verlossing 100% aan God te danke! Dit klink soos 'n paradoks, maar dit is in wese die egte leer van die Skrif. Om terug te keer na die stuk: Wat ookal die skrywer te kenne gee, pla my nie, want die getuienis van die Skrif is by verre meer belangrik as die kerkgeskiedenis. Al was al die reformatore opperste skurke – soos die artikel wat oom gestuur het beweer, verander dit niks aan die leer van die genade nie. Ons het nie TULIP nodig om dit te ken nie, ons sien dit in die Bybel!"

No comments:
Post a Comment